Uitstaande samevoeging van gesellige Plesiertjies

Maria Koffie en Gesondheidswinkel glo dat gesondheid en goeie kos hand aan hand gaan. Of jy ‘n vroegoggend reisiger is wat gou ‘n lekker goeie koppie koffie op pad werk toe wil inwerk, of ‘n gesofistikeerde laatmiddag “high tea” met komkommertoebroodjies en handtertjies verlang, kom loer gerus in.

Op ‘n warm somersdag, kom geniet ‘n koue yskoffie/ystee of vars uitgedrukte vrugtesap of gladdejantjie (smoothie). Organiese koffie, professioneel gemaak, is ons sterk punt. Ons spyskaart bevat heerlike gesonde bestanddele wat jou liggaam voed en terselfdertyd smaaklike plesier verskaf.

Ontdek jou plaaslike Gesondheidswinkel

Jou plaaslike bron van hoogstaande natuurlike gesondheidsprodukte is op jou drumpel. Hier sal jy ‘n spesifiek uitgesoekte keuse van voedselaanvullings, organiese “wholefood” versnaperinge en persoonlike en tuistesorg produkte vind, wat geen nadelige of skadelike bestanddele bevat nie. Ons wil graag ons kliente bemagtig met die beste produkte om hulle en hulle familie se liggaamlike en geestelike gesondheid te bevorder.

Herlaai in ons pragtige Gesondheidspa

Maar wag, daar is nog meer! Bederf jouself met ‘n welverdiende professionele gesigs- of lyfbehandeling by Spa Maria, voor of nadat jy ‘n heerlike koppie koffie of kruietee geniet het. Maak seker jy verleng jou gesondheidsbesoek met gesonde produkte om tuis te gebruik.
‘n Holistiese en Bybelse benadering kombineer die beste tegnieke en tegnologie met natuurlike, hoë kwaliteit produkte om beide die liggaam en die gees te voed. Ons is toegewyd om ‘n strelende omgewing te skep waar jy die gejaag en gewoel van die lewe vir ‘n wyle kan ontsnap en jouself geheel en al in saligheid kan dompel. Welgeluksalig…

Skakel in by ‘n lewendige, vrolike en groeiende gemeenskap van gesondheidsbewuste mense wat graag plesier vind in die alledaagse, soos gesonde tuisgemaakte lekkernye en natuurlike selfsorg produkte, maar tog hoë standaarde handhaaf vir effektiwiteit, kwaliteit en luuksheid.